Ons Skool

Laerskool Drakenstein is ‘n skool met ongeveer 420 leerders vanaf graad R tot graad 7.  In 2023 sal ons van graad R tot graad 7 twee klasse per graad wees, met ongeveer 30 leerders per klas.

Ons is ‘n waardegedrewe skool en ons het puik onderwysers wat elke dag goed voorbereid skool toe kom.  Tydens die sistemiese toetse van 2021, afgelê deur die WKOD by Laerskool Drakenstein, het al ons leerders uitstekend presteer.  Selfs die Covid epidemie kon nie ons leerders se vordering op akademiese gebied stuit nie.  Dit is ‘n teken van die toewyding en passie van elke Drakie-opvoeder.