+27 (0)21 872 4975

 Ons SKool

Laerskool Drakenstein is ‘n Afrikaans medium skool met 450 leerders vanaf graad RR tot graad 7. Ons is ‘n waardegedrewe skool met puik opvoeders wat elke dag goed voorbereid is.

Ons fokus op die holistiese ontwikkeling van ons leerders, wat beteken dat ons fokus is om ons leerders voor te berei vir die hedendaagse uitdagings op akademiese -, fisiese – en sosiale gebied.

Ons beskik oor wonderlike sport fasiliteite soos bv. 2 rugbyvelde, 3 tennisbane, 5 netbalbane, hokkie astro en ‘n swembad. Ons bied atletiek, tennis, krieket vir seuns en dogters, swem, netbal, rugby, hokkie, landloop en skaak. Kulturele aktiwiteite sluit in koor, eisteddfod, dramaklasse en musiek.